Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Die Bidder" deur CHARL DURAND
"Die Bidder" deur CHARL DURAND [boodskap #24989] Do, 29 Julie 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
DIE BIDDER
Charl Durand

as ons tent opslaan
langs die M1 naby Midrand
onthou, ons sal vir jou bid

ons gaan hande oplê,
ons gaan saam met die Hammond sing
vriend, ons gaan vir jou bid

o, laat die heiliges verskyn
stof trap oorkant die heining
hulle weet wat vir hulle wag
die res,
laat hulle maar lag

as jy skuld het, kom bely
as jy jou vrou slaan
dis hier waar jy kan kom skaam kry

want hierdie is jou blinde oomblik
hier, jou grot, jou skuilplek van vergifnis
Re: "Die Bidder" deur CHARL DURAND [boodskap #24990 is 'n antwoord op boodskap #24989] Do, 29 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Daniel  is tans af-lyn  Daniel
Boodskappe: 68
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina, ek het probeer om direk na jou 'n brief te stuur, maar die sisteem
laat dit nie toe nie!

Dankie vir jou gedigte, dit laat my lekker kry....en verlang....

Doet so voort!

Jan van Perth.
(IBICF)
djle...@bigfoot.com
ICQ 21792471
>
Vorige onderwerp: "Die Bidder" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: "Ons is opgemix" deur HENRI LAURIE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 15:31:19 MGT 2024